Die Kaapse Wynland-bofbalfederasie het Vrouedag gevier deur verskeie ander bofbalspanne van die streek, asook van Kaapstad, te nooi om die dag op Bolandpark deur te bring. Die spanne het vriendskaplike wedstryde teen mekaar gespeel en die geleentheid is ook ingespan om die meisies meer oor die spel te leer en hoe om hulself te verbeter. “Die dag gaan daaroor om ons meisies deur middel van sport te bemagtig,” sê Ingrid le Fleur, die ondervoorsitter van die federasie. Bo staan Rashied Palanyandi (sekretaris), Abe de Bruin (uitvoerende hoof) en Gugu Silara van Pionierskool, wat ’n inspirerende toespraak gelewer het, en Ingrid le Fleur.


Bofbalmeisies vier Vrouedag op Bolandpark

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article