Die aftel na die sestiende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse het begin, met kykNET se onthulling van 2024 se tien boere vir Boer soek ’n vrou.
Vanjaar se oes deelnemers se ouderdom wissel tussen 23 en 40, en die boere verteenwoordig sewe provinsies. Daar is ook twee vroue-boere, Sanel (39) van Dwaalboom en Lulani (40) van Philippolis, onder die top-tien.
Enigiemand wat vir een van die top-tien boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 30 November ingedien word.
Mense wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:
. Besoek www.kyknet.tv;
. Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-toep KOER;
. Kontak die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229; of
. Stuur e-pos na boer@wolflightsa.com
Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere na een van dié twee adresse kan stuur:
. Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129; of
. Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
Marciel Hopkins gaan Boer soek ’n vrou ’n vierde keer aanbied, en die reeks sal van Julie 2024 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, fokus.





