Lees is een van die belangrikste vaardighede wat ’n kind moet baasraak om wêrelde vir hom of haar oop te maak. In die lig van hierdie hindernis wat op leerders se paaie kom, het die oud-Tulbagh-inwoner en ook uitvoerende hoof van die Foundation for Peace and Prosperity in Johannesburg Renette Deal en haar assistent Robin-Claire De-Leeuw afgevaardig om boeke te versamel en dit aan die Laerskool Waveren se leerders te skenk. Die idee is om weer hier ’n biblioteek op te bou, want as die leerders op ’n vroeë ouderdom aan lees gewoond kan raak, sal lees ’n belegging in elke kind se lewe wees. Op die foto is van links Neville Jones (hoof), Andelene Michaels (vorige hoof en gemeenskapsleier), Robin-Claire De-Leeuw (assistent), Renette Deal en Heleen Maass.Foto: Peter Luitjies


Boeke vir Waveren

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article