Die onthulling van die blou plaket van die Tuin van Herinneringe. Van links is Suzanne Scholtz (Worcester Toerisme), Leonie Pelteret (LTS Security), Wilhelm Fröhlich (Worcester Business Improvement District), Wendy en Bob Parris (Worcester Toerisme), Philip le Roux (Worcester Business Improvement District), Danie Rousseau (Worcester Business Improvement District), Josias van Tonder (LTS Security), en raadslid dr. Julian Kritzinger, burgemeesterskomiteelid vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling, toerisme, kuns en kultuur van die Breedevallei-munisipaliteitFoto: Chantelle Scholtz


Die onthulling van die blou plaket van die Tuin van Herinneringe. Van links is Suzanne Scholtz (Worcester Toerisme), Leonie Pelteret (LTS Security), Wilhelm Fröhlich (Worcester Business Improvement District), Wendy en Bob Parris (Worcester Toerisme), Philip le Roux (Worcester Business Improvement District), Danie Rousseau (Worcester Business Improvement District), Josias van Tonder (LTS Security), en raadslid dr. Julian Kritzinger, burgemeesterskomiteelid vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling, toerisme, kuns en kultuur van die Breedevallei-munisipaliteitFoto: Chantelle Scholtz

Die geskiedkundige Tuin van Herinneringe op Kerkplein het onlangs verdere geskiedenis gemaak, toe Worcester Toerisme hul eerste blou plaket (blue plaque) vir dié tuin onthul het.

Blou plakette is oorspronklik ’n konsep van die British Heritage-bewaringsliggaam, waar Britse erfenis- en bewaringsliggame ’n plaket, of ’n inligtingsbord, aanbring by historiese huise of persele waar geskiedkundige gebeurtenisse plaasgevind het, of wat met belangrike historiese figure verbind word. Sedertdien het hierdie konsep wêreldwyd uitgebrei en bring toerismeverenigings dit die wêreld heen aan op erfenisroetes, waar dit dan ’n permanente teken is om as ’n skakel met die verlede te dien.

Aangesien dit wêreldwyd herken word as ’n merk van prominente geskiedkundige mense, gebeurtenisse of plekke, besoek toeriste en erfenis liefhebbers van oraloor dan hierdie plakette as deel van ’n erfenisroete.

“ ’n Blou plaket plant die saadjie dat ’n spesifieke perseel ’n plek is om vir ’n oomblik stil te staan, te reflekteer en om ’n spesifieke perseel se geskiedkundige belang weer in heroënskou te neem,” het raadslid dr, Julian Kritzinger aan Standard verduidelik.

“ ’n Blou plaket herinner ’n mens daaraan dat die persone wie ons voorafgegaan het, iets besonders bereik het. Blou plakette herdenk argitektuur, gebeure, persone en plekke. Hulle is historiese merkers en prikkel belangstelling in sosiale aspekte.”

Die Tuin van Herinneringe se Blou PlaketFoto: Suzanne Scholtz

In minder as 100 woorde, meld die kenmerkende gepoleerde veselglasbord, ’n thumbnail-verduideliking van die geskiedkundige belang van ’n erfenisterrein. Sommige blou plakette het ’n QR-kode, sodat bykomende inligting op ’n spesifieke perseel via die internet bekom kan word. Die plaket is sirkelvormig en is 420 mm breed. Aanvanklik is die plakette in Engeland van enamelbord gemaak, maar daar is plaaslik op gepoleerde veselglas besluit, omdat dit ’n meer volhoubare opsie is.

“Die Tuin van Herinneringe was die perfekte beginpunt vir Worcester Toerisme om met hul eerste blou plaket vir Worcester te begin, aangesien dié tuin nie net Worcester se hartklop vorm nie, maar ook omdat dié tuin al 102 jaar oud is.”

Oor die jare moes Kerkplein al vele ontwikkelings gevare trotseer, maar gelukkig het dié plein al die aanslae oorleef om vir die nageslagte in sy oorspronklike formaat behoue te bly. Kerkplein in sy geheel, tesame met die Tuin van Herinneringe, is op 20 September 1974, deur die destydse minister van opvoeding, Senator JP van der Spuy, as Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar. Die aanbring van die nuwe blou plaket op Kerkplein, verhoog verder Kerkplein se erfenisbelang vir die toekoms.

Die oudste foto van die Tuin van Herinneringe met die Poel van Herinneringe. Hierdie foto is geneem voordat daar besluit is om die NG Moederkerk se oorspronklike Toringspits op 7 Augustus 1920 af te breek.

“Ter herdenking van die 100-jarige bestaan van die Tuin van Herinneringe het Breedevallei-munisipaliteit en die Worcester Business Improvement District, tesame met die betrokkenheid van LTS Security, in 2020 etlike projekte aangepak om die Tuin van Herinneringe op te knap, soos onder meer: die herstel van die Fontein van Herinneringe, die Groot Poel van Herinneringe en Kleiner Poel van Herinneringe se watervloei; die restourasie van die Kerkpleinkanon; aanbring van gedenkplate met die name van al nege persone wie ereburgerskap van Worcester ontvang het; die restourasie van blombakke en die Poel van Herinneringe se krake en barste; herstel van monumente; plant van nuwe struike en plante; beveiliging van die tuin deur aanbring van CCTV-kameras; beveiliging van die tuin met nagtelike patrollies; en besproeiing is geoutomatiseer. Die aanbring van die blou plaket is ’n verdere uitvloeisel van al hierdie inisiatiewe wat vir die Tuin van Herinneringe se honderdjarige bestaan beplan was.

“Hierdie inisiatiewe help alles om die Tuin van Herinneringe weer tot ’n groot mate van sy eertydse glorie te help herstel. Aangesien die tuin ’n gemeenskapsbate is, moet dit dan ook ’n gemeenskapsinisiatief wees om die tuin te help herstel en voortdurend te verbeter. Die tuin se nuwe blou plaket bied ’n groot toerisme geleentheid en die ideaal is dat Worcester Toerisme sal voortgaan om die verhaal van Worcester se geskiedenis en geskiedkundige persone te vertel in ’n reeks van strategies geplaasde blou plakette wat dan die Worcester Erfenisroete verder kan help uitbou. Indien Breedevallei se ander toerismeverenigings hierby sou aansluit, kan al Breedevallei se blou plakkete ’n fassinerende Breedevallei-erfenisroete uitmaak,” het Kritzinger afgesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article