Apartheid, oftewel die wit minderheidsbewind van voor 1994, was beter as die huidige gemors-bestel wat die ANC oor die afgelope 29 jaar op ons afgelaai het. Dié soort stelling en die talle variasies daarvan is aan die orde van die dag. Opvallend is dat dit veral deur verontwaardigde swartmense gemaak word – presies diegene wat die akuutste behoefte gehad het om aan Apartheid te ontkom en by uitstek by die nuwe bedeling moes baat vind.

Die regering is glad nie ernstig om die beurtkrag-probleem op te los nie. Die matrieks van 2022 het hul hele skoolloopbaan deur beurtkrag ervaar. Beurtkrag veroorsaak angs, trauma en woede. ’n Mens is sommer kwaad vir jou vrou en jou hond, al het hulle niks verkeerd gedoen nie.

Japan, Suid-Afrika se vierde grootste uitvoermark, het reeds gewys sy geduld is op. Pres. Cyril Ramaphosa is nie op die gastelys vir die G7-beraad in Hirosjima nie. Ramaphosa is nie genooi nie omdat Suid-Afrika nie langer namens die vasteland kan praat nie, het Japan gesê. Ons Suid-Afrikaners sien en hoor gereeld hoe ons regering onbeholpe rondval, ondeurdagte besluite neem en bontpraat. Geen haan kraai daarna nie; niemand aanvaar verantwoordelikheid nie en ons moet maar die gevolge dra.

Ons het ’n baie patetiese regering. As ’n leerder tydens ’n skooluitstappie verdrink, word daar teen die skoolhoof opgetree, maar as tientalle seuns by inisiasieskole sterf, is die regering tjoepstil.

Ek het onlangs ons kollege-reünie bygewoon en kollegas ná byna 50 jaar weer gesien.

Ek was geskok omdat elke tweede kollega se kinders oorsee woon en werk as dokters, tandartse, onderwysers, prokureurs en ingenieurs. Die “braindrain” vind dus ook geweldig vinnig plaas onder die bruin- en swartmense.

Minister Pravin Gordhan sê André de Ruyter se boek is vol leuens, maar erken terselfdertyd dat hy nie die boek gelees het nie. Dis net in Suid-Afrika waar jy sulke sotlikheid sal kry. Hy moet liewer die name, wat De Ruyter vir hom gegee het van mense wat by Eskom-korrupsie betrokke was, bekend maak. Ons weet egter in Suid-Afrika gaan net die klein vissies tronk toe terwyl die grotes rustig verder swem.

Ons gewone mense hou hierdie land se ekonomie, sport en baie ander dinge sonder die regering se hulp aan die gang. By bruin en swart skole is daar egter geen sportfasiliteite nie, maar Nathi Mtetwa wou ’n vlagpaal van R22 miljoen oprig! Sies!

Ongeveer 300 000 mense het die afgelope jaar hul werk weens beurtkrag verloor. Dit traak hierdie regering natuurlik glad nie. Hulle het meer bek as binnegoed. Volgens De Ruyter was die polisiehoof, verantwoordelik vir die beskerming van nasionale sleutelpunte, onder die indruk dat dit nie die polisie se werk is om Eskom op te pas nie en dat Eskom “homself moet beveilig”.

Op Donderdag 8 Mei kondig Fikile Mbabula (sekretaris-generaal van die ANC) aan dat beurtkrag teen einde 2023 iets van die verlede sal wees. “So watch this space!”

Terwyl die Guptas lekker oorsee sit, sit ons nou met die gemors! Ons weet mos hoekom die regering nie ernstig is om hulle te vang nie.

Ons moet en kan maar net op ons knieë bly! Gebed kan doen wat God kan doen! Kom ons bly biddend en op ons knieë!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article