Die vier persone aan die stuur van sake by BGR Jacobs Bester Griessel Geoktrooieerde Rekenmeesters: direkteure Gert Griessel, Wessel Bester, Johan Jacobs en assosiaat Hermias van Zyl.

Foto’s:
rick Marais

’n Gebrek aan spasie en ’n groter aantal werknemers het aanleiding gegee tot BGR Jacobs Bester Griessel Geoktrooieerde Rekenmeesters se besluit om hulle kantore by die CJV-saal by die NG Moedergemeente te ontruim en hulself te vestig in nuwe kantore op die hoek van Adderley- en Hoogstraat, Worcester.

Hulle het in September by die nuwe perseel ingetrek.

Die firma is gedurende die 1990’s begin deur Eric Olivier. Sedert 2000 was die maatskappy bekend as Jacobs andamp; Vennote, en praktiseer reeds vir die afgelope jaar onder die naam BGR Jacobs Bester Griessel Ingelyf.

Nadat Hermias van Zyl in 2000 as assosiaat by die firma aangesluit het, het die oorspronklike kantore in Russellstraat te beknop geword en in September 2001 het die firma na die NG Moedergemeente se CJV-saal in Adderleystraat verskuif.

Die personeeltal het sedert 2001 gegroei tot sowat 50 en toe die kantore in die CJV-saal ook te klein geraak het, het dit volgens direkteur Wessel Bester weer tyd geword om te trek. “Ons het toevallig die veiling van ons huidige gebou bygewoon en het die perseel aangekoop en ingetrek.”

Hy beskryf die nuwe gebou as modieus met ’n klassieke styl – dis veral opvallend as mens die kantoor van binne besigtig.

Tans is daar vier persone aan die stuur van sake by die firma: direkteure Johan Jacobs, Wessel Bester, Gert Griessel en assosiaat Hermias van Zyl.

Johan Jacobs en Wessel Bester het in 1993 as geoktrooieerde rekenmeesters gekwalifiseer en albei het daarna ’n nagraadse kwalifikasie in belasting verwerf. Johan is sedert 1994 in privaat praktyk en Wessel het in September 2000 by die firma aangesluit nadat hy vir vier jaar as belastingouditeur by die SA Inkomstediens werksaam was. Gert Griessel het in 2002 as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer.

Hy was sedert 2001 as finansiële en algemene bestuurder by ’n plaaslike wynlandgoed betrokke en het ook vir 18 maande in die buiteland gewerk. Gert het sy MBA in 2007 verwerf en het in Januarie 2011 by die firma aangesluit.

Hermias van Zyl het in 1980 as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer en het in Desember 2000 as assosiaat by die firma aangesluit.

Die firma lewer die hele spektrum van rekeningkundige, oudit- en sekretariële dienste aan kliënte, wat insluit die opstel van finansiële jaarstate, nasienings en oudits, boedelbeplanning en -bereddering, BEE-konsultasie en verifikasie, asook die volledige spektrum van belastingdienste.

Die firma is deel van die BGR assosiasie, met ’n takkantoor in Ceres en geassosieerde kantore in Paarl, Wellington, Malmesbury, Somerset-Wes en Stellenbosch.

Klop gerus aan by BGR se nuwe kantore in Worcester en “ervaar die verskil”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article