Die jongste Sensus syfers toon duidelik dat die gebied se bevolking geweldig groei. Foto: Ds, Rudolph Scharneck


Die onlangse Sensus 2022-syfers, wat bekendgestel is, wys ’n skerp bevolkingsaanwas.

Die bevolking van die Breedevallei-munisipaliteit het in 2011 op 166 825 inwoners gestaan. ’n Wesenlike toename is egter in 2022 getel en die algehele bevolking staan tans op 212 682 inwoners.

Hierdie aansienlike groei beteken dat Breedevallei se bevolking in net 11 jaar met 27,4% toegeneem het. Dit beteken dat die plaaslike bevolking aansienlik vinniger as die nasionale gemiddelde van 19,8% in dieselfde tydperk groei.

Ten einde hierdie grootskaalse toename in konteks te plaas, moet ’n mens dit met die ander munisipaliteite in die Kaapse Wynlanddistriksmunisipaliteit vergelyk:

1: Drakenstein: 276 800

2: Breedevallei: 212 682

3: Stellenbosch: 175 411

4: Witzenberg: 103 765

5: Langeberg: 9 045

Vir ’n meer omvattende oorsig van die statistieke en verdere detail kan die verslag by die volgende webskakel besigtig word:

https://census.statssa.gov.za/#/province/1/2

Die Breedevallei-munisipaliteit bly daarop gefokus om hierdie inligting vir strategiese beplanning vir toekomstige projekte te gebruik.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article