As Hartwig Lions se speler van die jaar is Warren Davids (links) aangewys, en die sportman van die jaar is Cobin Basson.Foto:


Hartwig Lions-krieketklub het verlede Saterdagaand (4 Junie) sy jaarlikse bekeruitdeling gehou.

By dié geleentheid, waar die bekende fietsryer en voormalige Boland-rugby-bestuurslid Charles Beukes die gasspreker was, het die spelers toekennings vir hul harde werk die afgelope twee seisoene ontvang. Die klub kon as gevolg van die Covid-19-pandemie nie in 2020-’21 sy jaareindfunksie hou nie en het besluit om spelers vir albei seisoene te vereer.

Vir die 2020-’21-seisoen was Caysley Kaywitz die speler van die jaar terwyl Nicolin Visser die sportman van die jaar was. Leighton Davids was die spelers se speler van die jaar.

In die 2021-’22-seisoen is Warren Davids as speler van die jaar aangewys met Cobin Basson as sportman van die jaar. Warren Nimerod is as die spelers se speler van die jaar benoem.

In die junior afdeling is Jean Davids as speler van die jaar vir 2020-’21 benoem, terwyl Ephraim Lloyd as sportman van die jaar benoem is.

Die klub wil almal wat gehelp het om die aand ’n reusesukses te maak, hartlik bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article