Worcester is een van die min dorpe in die land wat nog oor ’n werkende museum beskik. En dit is presies wat Worcester-museum is, geleë op die historiese perseel Kleinplasie.

Die museum is tans aan die werk met nuwe aanbiedings om nog besoekers te lok. Hieronder tel die omgee-vleuels, wat die dorp se geskiedenis as die omgee-hoofstad van Suid-Afrika uitbeeld en wat later vanjaar voltooi sal word.

Intussen is daar ’n wye reeks aanbiedinge by die Worcester-museum te sien, asook ’n lekker winkel wat plaaslike produkte verkoop, asook Kleinplasie se bekende witblits en tuisgebak.

Tans bied die museum die volgende:

Maandae tot Vrydae:

Brode (minstens twee) word in die klei-oond buite gebak. Vetkoeke, roosterkoeke en melkterte word in die museum se kooloond gebak. Hierdie gebak is baie gewild, maar ’n beperkte hoeveelheid is beskikbaar. Maak seker jy kry wel hiervan en bestel voortydig.

Alle gebak kan ook by ontvangs afgehaal word.

Woensdag:

Regte seep word gekook en gemaak. So ook kerse op die outydse manier. Dit is gewild onder groepe wat vooraf bespreek, so bespreek liewer ook en maak seker jy kan dit bywoon.

Saterdag: Die museum sluit om 13:00, maar daar word brood vir die naweek gebak. Bestel vooraf om seker te maak jy kan ’n brood vir die naweek afhaal.

Toere: (Bespreek verkieslik vooraf)

. Begeleide toer vir volwassenes teen R15 per persoon.

. Jeuggroepe teen R5 per persoon.

. Spesiale programme word saamgestel vir groepe wat vooraf bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article