Soos wat die langnaweek nader kruip, maak baie Suid-Afrikaners gereed om die pad aan te durf en ’n welverdiende blaaskans te geniet. Die BetterSure-span is hier om jou en jou mede-huiseienaars aan te moedig om seker te maak dat jul huise “vakansiebestand” is sodat julle ’n kommervrye wegbreek kan geniet en daardie “ongewenste gaste” vermy.
“Volgens BetterSure se statistieke is 21% van ons diefstal-eise gekoppel aan huiseienaars wat nie tuis is tydens voorvalle nie,” sê Chantal Schoonderwoerd, produkhoof by BetterSure Finansiële Konsultante.
“Dit is hoekom dit van kardinale belang is om die regte dekking in plek te hê sodat jou eiendom en besittings teen ongewenste indringers beskerm is. Die beste benadering is om nooit nóóit te sê nie.
“Huiseienaarsdekking beskerm jou huis teen strukturele diefstal (dink aan antennas en koperkabels) asook enige strukturele skade wat veroorsaak word deur ’n inbraak, byvoorbeeld ’n stukkende deur of hek. En met die regte huisinhoudsdekking kan jy seker maak dat jou kosbaarste besittings teen diefstal beskerm is,” sê sy.
BetterSure verskaf die volgende wenke om jou huis en besittings veilig te hou:
. Met beurtkrag wat geleenthede skep vir misdadige aktiwiteite, maak seker dat jou sekuriteits- of alarmstelsel se batterye werk;
. Stel jou buurtwag of sekuriteitsmaatskappy in kennis wanneer en vir hoe lank jy weggaan, sodat hulle paraat kan wees en jou huis fyn dophou;
. Maak gebruik van beweging-geaktiveerde ligte of fotosensitiewe gloeilampe om donker plekke op jou eiendom te belig;
. Bêre jou tuintoerusting en sluit jou besittings in die huis toe waar dit veilig is;
. Moenie jou vakansieplanne verklap, of enige duur aankope op sosiale media verkondig nie – jy weet nóóit wie jou moontlik dophou nie;
. Moenie dat jou huis onbewoon lyk nie. Reël met betroubare vriende, familielede of bure om jou plante nat te lei, jou pos te ontvang en seker te maak alles by die huis is in orde. En, as jy ’n diere-eienaar is, waarom nie reëlings tref met ’n troeteldier-oppasser wat kom inbly nie?;
. Loop so ’n laaste ronde in en om jou huis voordat jy vertrek net om seker te maak dat al die vensters, deure (insluitend die motorhuis en sydeure of hekke), toe en gesluit is; en
. Maak seker dat jy genoegsame huiseienaarsdekking en huisinhoudsversekering in plek het om jou huis en besittings te beskerm. Maak ook seker dat jou polis op datum is en dat jy dekking het vir die volle vervangingswaarde van die artikels. Met ander woorde, dat jy nie onderverseker is nie. Onthou ook dat huiseienaarsdekking jou beskerm teen skade wat deur ’n brand, erge weerstoestande en waterskade aangerig mag word, terwyl huisinhoudsdekking toelaat dat jou besittings vervang kan word as dit beskadig of verwoes word.
Gee jouself gemoedsrus hierdie komende langnaweek en sorg dat jou huis beskerm word teen “ongewenste gaste”.
. BetterSure Finansiële Konsultante Edms (Bpk) is ’n gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer (FDV 24015).



