Die skoolvakansie is hier en dus is daar talle gesinne wat ver oppad is na hul vakansiebestemmings.

Keer só dat klein dingetjies met jou motor later groot probleme langs die pad word:

Algemeen:
. Maak seker jou voertuig is padwaardig. Gaan die banddruk asook die water-, die olie- en die brandstofvlak na. Die ligte, ruitveërs, remme en veiligheidsgordels moet werk.. Stel ook die spieëltjies – die truspieël en die kantspieëls – voordat jy ry.. Moenie die motor oorlaai nie.Die bestuurder en sy passasiers moet te alle tye sitplekgordels dra.. Wees op die uitkyk vir voetgangers op snelweë en elders. Voetgangers moet van sypaadjies en brûe gebruik maak en helder kleure dra om bedags en saans vir motoriste sigbaar te wees. . Motoriste moet bedag wees op voetgangers wat paaie oorsteek.Motoriste moenie bestuur as hulle moeg is nie. Laat toe dat iemand anders bestuur as jy te moeg is.. Stop gereeld om die bene te rek, en doen selfs ligte oefeninge.. As jy ver reis: Gun jou genoeg tyd om die bestemming te bereik. . Beplan jou roete voor die tyd.. Moenie te vinnig bestuur nie; hou by die spoedgrens. Spoed is een van die hoofoorsake van ongelukke. Handhaaf altyd ’n veilige volgafstand, ook in reën- of mistoestande.. Moenie drink en bestuur nie. Geen alkohol moet voor of gedurende die reis gebruik word nie, want alkohol belemmer ’n mens se konsentrasievermoë en vertraag jou reaksietyd.

Gehoorsaam die padreëls.
. Wanneer jy ’n ander voertuig verbysteek: Maak seker dit is veilig om dit te doen. Dit is onwettig om ’n ander voertuig op ’n sperstreep verby te steek.. Dra jou rybewys altyd saam met jou.. Moenie jou selfoon gebruik terwyl jy bestuur nie.. Stop by ’n spooroorgang.Vergewis jou van die ­weers- en padtoestande (soos padwerke) voordat jy vertrek.

Bande:
. Sorg dat die bande die regte lugdruk gepomp is. Daar is gewoonlik aan­wysings in die deur of boekie van die motor.Gaan bande gereeld na om te sien of skerp voorwerpe daarin gesteek het. Probeer dit vermy om deur glasstukke en slaggate te ry.Kyk na die oppervlak van die band. Sodra dit glad is, moet dit vervang word. Indien die bande aan die kante afgeloop is, moet die wielbalansering en wielsporing nagegaan word.. Sorg dat die noodband gepomp is. Leer hoe om die bandruiltoerusting te gebruik.. Sorg dat die bandruiltoerusting te alle tye in die voertuig is.

’n Besoek aan die vulstasie:
. Sorg dat die joggie die geskikte brandstof in die tenk tap.. Gaan die olie en watervlakke na.. Gaan nie-geseëlde batterye se water na.

Dienste:Dienste moet getrou gedoen word om meganiese defekte hok te slaan.Noodgevalle:Hou altyd ’n flits wat in werkende toestand is in die paneelkissie of kattebak. Soek ’n veilige plek om stil te hou as jy ’n pap wiel kry.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article