Sandy’s Animal Rescue is onlangs deur die Breederivier-munisipaliteit as amptelike, maar tydelike diensverskaffer aangestel om rondloperdiere en ander diereklagtes aan te pak asook om die munisipale skut op die Rawsonvillepad te hanteer.

Sandy’s Animal Rescue hanteer ook dierewelsynklagtes soos per mandaat as geregistreerde NPO.

Dit kom nadat woede vroeër uitgespreek is oor die sluiting van Leo’s Foundation, wat ’n geruime tyd die munisipale dierewelsynorganisasie in die vallei was.

Leo’s is op 2 Junie gesluit nadat die Nasionale Raad van die Dierebeskermings­vereniging (NDBV) daar besoek afgelê het ná klagtes van dieremishandeling.

Sandy’s Animal Rescue se kontakbesonderhede is:

selfoon: 076 597 3027 (Juanita Evertson)

Adres: Sheardstraat 122, Worcester, 6850.

E-posadres: sandys.eden@gmail.com

Diereklagtes kan ook aangemeld word by Breedevallei-munisipaliteit se inbelsentrum by 0860 12 12 12. Dié sentrum is oop 24/7.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article