Die organisasie “Kings of Steyn” het onlangs ’n bewusmakingsessie oor die mishandeling van bejaardes by die Nonkululeko-sentrum in Zwelethemba gehou. Bejaardes is bewus gemaak van verskeie wetlike wysigings, veral die wysigings aan die Wet op Gesinsgeweld, Wet 116 van 1998, wat in April verlede jaar goedgekeur is. Ingevolge die nuwe wetgewing is die aanmelding van enige vorm van gesinsgeweld – en spesifiek geweld teenoor ouer mense gepleeg – nou verpligtend. Enige bejaarde wat blootgestel word aan fisieke, seksuele, finansiële, emosionele of spirituele geweld, asook verwaarlosing of verlating, kan nou beskerming kry in terme van die Wet op Gesinsgeweld. Verskeie rolspelers het die bejaardes toegespreek. Foto:


Bejaardes met inligting oor wet en regte bemagtig

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article