MONTAGU – Lede van verskeie klubs vir seniors, onder die vaandel Age in Action en ondersteun deur die Suid-Afrikaanse raad van bejaardes, het verlede Donderdag (13 Junie) van omliggende dorpe soos Ashton, Bonnievale en Robertson gekom en in Montagu saamgetrek vir ’n vreedsame optog deur die dorp se strate om hul misnoeë met die voortslepende mishandeling en uitbuiting van ouer mense te kenne te gee. Die groepie gegriefde senior burgers het in Badstraat voor die NG Kerk byeengekom en van daar met polisiebegeleiding deur verskeie strate tot by die gemeenskapsaal in Wilhelm Thyslaan gestap. Plakkate met slagspreuke soos “Respekteer vir ouma”, “Ek is oud, moenie my slaan nie”, “Los uit my all pay” en ander wat die mishandeling en uitbuiting beskryf, het om hul nek gehang. Die groep het soos wat hulle deur die strate beweeg het, die slagspreuke op die plakkate ook luidkeels uitbasuin om op dié manier bewusmaking verder aan te wakker. Na afloop van die optog, wat vir sommige van die ouer garde uitputtend was, het die groep in die VG-kerksaal vergader, waar personeel van die departement van justisie en maatskaplike dienste, asook die polisie hulle oor onder meer die aansoekproses vir ’n beskermingsbevel, die polisie se pligte in geval va


Bejaardes maak hul stem dik teen mishandeling

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article