Breedevallei – Worcester 200 jaar. Antoinette Steyn, die uitvoerende burgemeesterFoto:


Die Breedevallei-munisipaliteit se begroting van 2023-’24 word die “Begroting van sigbare hoop” genoem en fokus op sigbare verskille in ons gemeenskap.

Breedevallei munisipaliteit is ’n kernvennoot van hoop

Die Breedevallei-munisipaliteit bly verbind tot die lewering van volwaardige dienste in al ons wyke. In die huidige ekonomiese klimaat erken ons die feit dat talle huishoudings deur baie uitdagings in die gesig gestaar word, wat wissel van ekonomiese tot maatskaplike uitdagings. Ons beskou onsself as ’n kernvennoot om hierdie uitdagings die hoof te bied en hoop in die lewe van ons inwoners te bring.

Fokusgebiede van begroting

Die Breedevallei-munisipaliteit sal voortgaan om diensleweringsagterstande aan te pak en sal waar nodig voorkeur aan dienslewering gee om seker te maak in ons inwoners se dringendste behoeftes word voorsien. Ons bly daartoe verbind om ons dienslewering op alle vlakke te verbeter sodat hierdie munisipaliteit almal se lewensgehalte kan verbeter. Terselfdertyd bly gemeenskaps­ontwikkeling en plaaslike ekonomiese ontwikkeling ook ons kernfokusgebiede.

Begroting van sigbare hoop

Hierdie begroting bring sigbare hoop vir ons inwoners, want dit:

1). Onderhou en voorsien basiese dienslewering en help met maatskaplike ontwikkeling;

2). Dit help met ’n gunstige omgewing vir werkskepping en armoedeverligting deur pro-aktiewe ekonomiese ontwikkeling;

3). Dit help om ’n gesonde, veilige en skoon omgewing op ’n volhoubare manier daar te stel.

Hoogtepunte van begroting

Van die grootste hoogtepunte waarna ons in hierdie begroting kan uitsien, is die volgende:

1. Watervoorsiening

1.1 R2 miljoen vir die voorafwerk wat nodig is voordat met die verhoging van die Stettynskloofdam se wal begin word;

1.2 R3 miljoen vir “pipe-cracking” met die lê van nuwe waterpype.

2. Behuising

R20 miljoen vir die Transhex-behuisingsontwikkeling;

3. Opgradering van rioolnetwerk

3.1 R13 miljoen vir die opgradering van die rioolnetwerk – spesifiek in Avianpark, Roodewal, Riverview en Zwelethemba;

3.2 R14 miljoen vir die nuwe Avianpark-rioolpompstasie;

3.3 R14 miljoen vir die opgradering van die Touwsrivier-rioolwerke;

3.4 R6 miljoen vir die verskuiwing van Zwelethemba se “mid-block”-rioolpype van agter huise se erwe na die straatfront;

3.5 Opgradering van die Worcester-rioolwerke vir R2 miljoen, die omheining daarvan vir ’n verdere R2 miljoen en die aankoop van kragopwekkers van R800 000 sodat riool tydens beurtkrag gepomp kan word.

4. Paaie

4.1 R5 miljoen vir die opgradeer van paaie in Wyke 1, 2, 3, 4, 16, 17 en 18;

4.2 R1,5 miljoen vir spoedhobbels.

5 Elektrisiteit

5.1 R15 miljoen vir die opgradering van die elektrisiteitsnetwerk;

5.2 R1,4 miljoen vir die opgradering van hoëmas-beligting;

5.3 R2,6 miljoen vir die opgradering van straatbeligting;

5.4 R600 000 vir die omheining van elektrisiteitsubstasies.

6. Kinders

6.1 R500 000 vir die ontwikkeling van speelparkies.

Hoogtepunte vir die wyke

Meer spesifiek kan die volgende wyke na die volgende projekte uitsien:

1. Wyk 1: R7,7 miljoen vir die opgradering van grondpaaie;

2. Wyk 2: R5 miljoen vir die opgradering van die watersuiweringsaanleg;

3. Wyk 6: R3 miljoen vir die herseël van paaie;

4. Wyk 7: R1 miljoen vir die herseël van paaie;

5. Wyk 8: R12 miljoen vir die opgradering van grondpaaie in die nywerheidsgebied en R6,5 miljoen vir die opgradering van grondpaaie in die res van die wyk;

6. Wyk 10: R1 miljoen vir die herseël van paaie;

7. Wyk 11: R1 miljoen vir die herseël van paaie;

8. Wyk 12: R3 miljoen vir die herseël van paaie en R1 miljoen vir die opgradering van staproetes vir siggestremde mense;

9. Wyk 13: R1 miljoen vir die herseël van paaie;

10. Wyk 16: R100 000 vir die opgradering van die Mtwazistraat-sypaadjie;

11. Wyk 18: R850 000 vir die Overhex-biblioteek;

12. Wyk 19: R1,1 miljoen vir ’n speelpark;

13. Wyk 21: R2 miljoen vir die opgradering van grondpaaie.

FINANSIERING vir nywerheidsontwikkeling

’n Baie groot aspek wat hierdie begroting ook die hoof bied, is nywerheidsontwikkeling. Die finansiering wat in hierdie begroting aan nywerheidsontwikkeling toegeken word, sal die aanvang van die Avianpark-nywerheidsgebied (agter die hondehokke op die Villiersdorppad) en die Uitvlugt- nywerheidsgebied (agter HexTex en die Rainbow Chickens-fabriekwinkel) ontketen, met die toekenning van die volgende bedrae om die volgende dienste aan te lê:

Vir die Avianpark-nywerheidsgebied se elektrisiteit-, riool-, stormwater- en rioolaansluitings is R1,6 miljoen begroot (asook die R14 miljoen vir die nuwe Avianpark-pompstasie, wat al genoem is).

Vir die Uitvlugt-nywerheidsgebied se elektrisiteit-, pad-, riool-, stormwater- en rioolaansluitings is R500 000 begroot.

Die “Begroting van sigbare hoop” dui dus aan die finansiering fokus op gebiede waar dit die grootste verskil sal maak wat behuising, paaie, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, water, riool en gemeenskapsontwikkeling betref. Hiermee tesame maak die begroting ook voorsiening vir dienslewering ingevolge die behoeftes wat inwoners tydens die Geïntegreerde ontwikkelingsplansessies in die verskillende wyke deurgegee en verduidelik het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article