Blommetjie die koei het vanjaar almal by die Laerskool Worcester-Oos se Beesloop omtrent in spanning laat wag om haar merk te maak. Die gelukkige wenner van R15 000 was Dirkie van Zyl. Oosies se leerders het met groot geesdrif aan die kaskarresies, ’n kleuterkokkompetisie en buitelugfliekaand deelgeneem. Daar was ook keurige stalletjies met uitstaande produkte wat skitterend ondersteun is. Beesloop 2024 was een groot fees en hoogtepunt op die skoolkalender.


Beesloop-plesier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article