Die Laerskool Worcester-Oos hou môre (10 Maart) weer sy gewilde Beesloop op die skoolterrein. Die byeenkoms vind van 13:30 tot 21:00 plaas.
Dit is die 23ste Beesloop waarna Breedevalleiers kan uitsien. Die aktiwiteite sluit in:
- 7’s rugby- en Fast 5-netbal-wedstryde;
- Kleuterkokkompetisie;
- Optrede deur ’n gaskunstenaar;
- Bekendmaking van die lootjiewenners waar die “bees” die wenners bepaal;
- Die gewilde maanloop wat die aand aangebied word en waar stappers/drawwers om die rugbyveld kyk hoeveel rondtes hulle kan voltooi;
- Daar is ook ’n hindernisbaan vir die avonturiers en ’n wyntuin; en
- Voetgangers kan uitsien na kosstalletjies en kinderaktiwiteite.
McDonalds borg die sportdrag van Worcester-Oos se eerste spanne vir hokkie, netbal en rugby.
Hulle speel by die Beesloop vir die eerste keer daarin.
Kaartjies is beskikbaar by die skool vanaf 13:00 teen R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.
Kaartjies vir die Beesloop is ook beskikbaar teen R15 elk.


