Besoekers van heinde en ver het verlede week op die Worcester-museum by Kleinplasie toegesak om besoek af te lê vir die jaarlikse Museumdag-vieringe. Museumdag, wat jaarliks op 18 Mei aangebied word, poog om besoekers en geskiedenisliefhebbers weer opgewonde te maak oor die belangrikheid van hierdie instellings. Jonges en oues het die dag geniet waar baie interessanthede ten toon gestel is. Die museum maak ook binnekort sy nuwe restaurant se deure oop, wat beloof om ’n fantastiese ondervinding aan besoekers te bied. Die jongspan het veral aanklank gevind by die verskeidenheid diere op die perseel. Die twee bergskilpaaie het ook groot aftrek gekry en hul doopname is sommer op die dag bekendgemaak. Die bergskilpad-egpaar heet nou Gielman en Molly.


Verlede week het besoekers van heinde en verre gekom op die Worcester Museum by Kleinplasie te besoek vir die jaarlikse museumdag vieringe. Museumdag, wat jaarliks op 18 Mei aangebied word, het gepoog om besoekers en geskiedenis liefhebbers weer opgewonde te maak oor die belangrikheid van hierdie instellings. Jonges en oues het veral die dag geniet waar baie interessanthede ten toon gestel is. Die museum maak ook binnekort hul nuwe restaurant se deure oop wat beloof om vir besoekers ’n fantastiese ondervinding te bied.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article