Die Badisa-organisasie sonder winsoogmerk in Prins Albert is onder meer ’n kinderbeskermingsorganisasie wat hulp bied aan mishandelde kinders onder die ouderdom van 18.
Die plaaslike kinderhof het ’n versoek gestuur aan Badisa om met ’n minderjarige kind, wat tans sonder ’n ouer is, se biologiese ma kontak te maak.
Badisa Prins Albert is op soek na Carmen Matthys (ongeveer 33). Sy is laas in die Worcester- en De Doorns-gebiede gesien.
Indien enigiemand inligting oor Carmen het, skakel asseblief die Badisa-kantoor by 023 541 1388.




