Drie mense is oorlede en agt het geringe beserings opgedoen in ’n ongeluk wat Saterdagaand plaasgevind het. Foto: One-Way Towing


Die dodetal van die noodlottige ongeluk op die N1 die naweek naby De Doorns, het tot vyf gestyg. ‘n Babaseun was een van die slagoffers.

Die ongeluk het Saterdagaand (21 Januarie) plaasgevind toe die bestuurder van die motor waarin hulle gereis het beheer oor die voertuig verloor het. 

Volgens inligting was daar 11 insittendes in die silwer Opel wat vanaf Touwsrivier na De Doorns onderweg was. Die ongeluk het om 21:54 op die N1 naby De Doorns in die Hexpas gebeur. Die ses oorlewendes is met ernstige beserings hospitaal toe geneem

Luidens ’n opsomming van die ongeluk wat deur Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaap departement van vervoer en openbare werke saamgestel is, het een van die passasiers gesê die 31-jarige bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het daartoe gelei dat die motor gerol het.

Op die toneel is glo gesê daar het ’n stryery in die motor ontstaan kort voordat die bestuurder beheer oor die motor verloor het.

Die polisie ondersoek die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article