Die personeel van die Worcester-museum het vanjaar Erfenismaand (September) ter harte geneem om te fokus op hul, en die land se, diverse erfenis. Die Vriende van die Worcester-museum se leuse is: Gesamentlik, Erfenis, vandag en môre. “Ons is net sterk as ons verenig,” het Natasha Joubert, Mej. Suid-Afrika, vanjaar gesê. Die personeel het die week ná Erfenisdag ’n byeenkoms gehou en gekies volgens watter kultuur hulle wil aantrek. Van links is Ellen Strauss en Deidre Peters. Agter is Wilma Barry, Emile Noble en Ronique Snyman. Belangstellendes is welkom om die Worcester-museum te besoek teen slegs R5 per kind en R15 vir volwassenes. Skoolgroepe wat vooraf bespreek, is gratis. Besoekers kan die museum gratis besoek op Dinsdae, Woensdae, Vrydae en ook Saterdae. Die museum bied graag toere aan vir diegene wat dit vooraf bespreek. Die doel van die Worcester-museum is juis om die plaaslike erfenis op te teken en lewend te hou. En die Vriende van die Worcester-museum het onlangs weer gehoor, by wyse van spreke van die voorsitter Charles Beukes, hulle is vrywilligers wat ’n diens lewer. Foto: Victor Theron


Almal se erfenis by museum gevier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article