Die eerste 2020- Afrikaanse Bybelvertaling in Braille is Dinsdag 15 November by Innovation for the Blind se hulpbronsentrum bekend gestel. André Steyn, ’n Worcesteriet en inwoner by Innovation for the Blind, het die eerste Afrikaanse Braille-Bybel by die bekendstelling ontvang. Die Bybel is gedruk deur Pionierdrukkery en die finansiering vir die meesterkopie is van die NG Kerk in SA ontvang, terwyl die drukwerk van die kopie deur die Bybelgenootskap in die Wes-Kaap geborg is. Die Bybel bestaan uit 7 900 bladsye en is op bestelling beskikbaar by Pionierdrukkery Worcester by 023 342 6313.Foto: Jana Scheepers


Afrikaanse Bybel in Braille bekend gestel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article