Op 8 Mei het die ACVV Worcester sy eerste geldinsameling-geleentheid vir 2024 aangebied, met die tema “So leef ons gesond en natuurlik”. Die spreker was Anette Rheeder van die maatskappy SA Natural Products. Sy het die gehoor van 160 ingelig oor die voordele van die natuurlike produkte van A. Vogel, die voorloper van komplementêre medisyne. Ds. Jan Ungerer, emeritus leraar van die Worcester-moedergemeente, het die geleentheid geopen. Die junior burgemeester, Benjamin Kriegler, en die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG) se voorsitter, Esmeralda Pekeur, en WEG- administratiewe personeel het op uitnodiging die dag bygewoon. Die ACVV Worcester wil sy dank uitspreek teenoor gasvroue en hul gaste wat die dag moontlik gemaak het, asook Anette Rheeder en Quenets Apteek. By die geleentheid is, van links, Helena Baard (ACVV-voorsitter), Anette Rheeder en Natesha Ayford (ACVV-streeksbestuurder).


ACVV Worcester hou ’n ‘gesonde’ geldinsameling-geleentheid

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article