Belangstellendes word na die ACVV-Worcester se jaarvergadering op Woensdag 14 September genooi.
Dit vind om 09:30 in die Susan Hanekom-saal in Russellstraat plaas.
Tee en verversings sal verskaf word.
Kom luister gerus na die veelvoud van projekte en dienste wat gelewer word aan Kindersorg, Bollieland- crèche, asook dienste aan bejaardes by die tehuise Nuwerus en Stilwaters.
• Om jou teenwoordigheid te bevestig, skakel die ACVV-kantoor by 023 347 2339 of stuur ’n e-pos-boodskap na admin@acvvcw.co.za.


