Die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport (DKS) het aangekondig aansoeke is nou oop vir finansiering vir kuns- en kultuurprojekte vir die 2023-’24-boekjaar.

Die DKS bied hierdie finansiering elke jaar aan organisasies en individue in die Wes-Kaap wat die kulturele en kreatiewe sektore in die provinsie deur hul onderskeie inisiatiewe ondersteun en ontwikkel. Verskeie kategorieë is vir finansiering beskikbaar, waaronder kultuurtoerisme, boeke en media sowel as optredes en vieringe.

Anroux Marais, die minister van sport en kultuursake, sê: “Ons het die belangrikheid van die kuns- en kultuursektor gesien om hoop aan mense in ons provinsie te bring en geestesgesondheid en welstand te bevorder. Hierdie sektor stel kunstenaars in staat om hul werk aan te bied terwyl hulle deur hul geleefde ervaring werk, en dit bied ook aan gehore betekenisvolle interaksies in veilige ruimtes. Ons moet hierdie sektor ondersteun en dit laat groei.”

. Individue of organisasies wat wil aansoek doen, kan meer inligting oor die kriteria op die departement se webtuiste vind by https://www.westerncape.gov.za/site-page/looking-arts-and-culture-funding.

Aansoekers kan ook die skakel gebruik vir die aanlyn aansoekvorm: https://bit.ly/3jdnUL1.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article