Hierdie pragtige gesteriliseerde dobermann-kruising is gevind en sy is al vanaf 10 Januarie by Sandy’s Eden-diereorganisasie. Sandy’s Eden is op soek na haar eienaar. Hoewel sy ’n mikroskyfie het, blyk die inligting daarop nie korrek te wees nie. Volgens die inligting op die skyfie is sy by AWS aangeneem en is die eienaar ’n mev. S. Opperman. Volgens die skyfie is die hond se naam Shady. Mense met inligting kan Juenieta by 076 597 3027 bel.


Hondekind op soek na regte eienaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article