Nuwe lede van die Junior Stadsraad het by Hoërskool Esselenpark ’n oriënteringsessie deurloop. Foto: Verskaf


Drie hoërskole is vanjaar terug op die Junior Stadsraad-program van Chipros nadat hulle sedert die begin van die Covid-19-inperking nie op die program kon wees nie.

Charles Beukes, Chipros se direkteur, wat die Junior Stadsraad in 2007 begin het, is verheug dat Esselenpark en Vusisizwe – wat van die stigting daar was saam met Pionierskool wie se Sidney Berrington in 2011 die junior burgemeester was – nou terug is.

Die nuwe bestuur word eerskomende Vrydag by die JC Beukes-sentrum in Riverview, waar Chipros se kantoor is, verkies en op 4 Maart word die inhuldiging van die nuwe raad by die skool van die nuutverkose burgemeester gehou.

Nuwe lede is die afgelope Vrydag by Hoërskool Esselenpark georiënteer deur die huidige junior burgemeester en junior onderburgemeester, Tamia Adonis van Breërivier en Laxmini Patel van Gimnasium.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article