MONTAGU. – ’n 52-jarige vrou van ’n plaas in die Koo-vallei is dood nadat sy met ’n mes in die bors gesteek is.

Volgens AO Suria Meyer, ’n woordvoerder van die Montagu-polisie, het polisielede verlede Sondag (21 Januarie) op ’n messteekklag in die Koo-vallei gereageer.

“Met hul aankoms op die toneel het die polisiebeamptes met ’n getuie gepraat wat ’n vrou met ’n messteekwond aan haar bors aan die beamptes uitgewys het. Die slagoffer het op die toneel aan die steekwond beswyk,” het Meyer gesê.

Paramedici het die slagoffer, Anna Lorraine McDonald (52), van die plaas Tot-u-Diens in die Koo op die toneel dood verklaar.

’n 49-jarige vroulike verdagte is op ’n klag van moord in hegtenis geneem en sal eersdaags in die plaaslike landdroshof verskyn.

’n Moorddossier is aangelê wat tans deur die Montagu-speurtak ondersoek word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article