Recreational divers and fishermen have this season been given 13 designated days spanning December to March to take out West Coast Rick Lobster.
Die Kaapstadse Wetstoepassings Marine-eenheid het ‘n groot slag geslaan met ‘n onwettige Weskus-kreefvangs.

Wetstoepassers onderskep groot kreefvangs, nog oortreders vasgevat

Recreational divers and fishermen have this season been given 13 designated days spanning December to March to take out West Coast Rick Lobster.
Die Kaapstadse Wetstoepassings Marine-eenheid het ‘n groot slag geslaan met ‘n onwettige Weskus-kreefvangs.

KAAPSTAD – Die Stad Kaapstad se wetstoepassings-agentskappe het die afgelope week altesaam 386 inhegtenisnemings uitgevoer en 64 664 boetes uitgereik wat verband hou met verskeie verkeer- en bywet-oortredings.

Wetstoepassingsbeamptes het altesaam 236 inhegtenisnemings uitgevoer en 13 409 boetes uitgereik.

In een van die jongste voorvalle het die Wetstoepassings Marine-eenheid in Kaapstad op 14 Junie ‘n groot slag geslaan toe hulle ‘n wenk ontvang het van ‘n onwettige Weskus-kreefvangs op die terrein van die Ou Woodstock-hospitaal en beslag gelê het op altesaam 973 kreefsterte.

Op die dag van die beslaglegging was beamptes besig met patrolliewerk in Woodstock toe iemand hulle nader en ingelig het oor die onwettige verkoop van kreefsterte by die Ou Woodstock-hospitaalterrein.

Die beamptes het op die wenk gereageer en ‘n 33-jarige verdagte in hegtenis geneem. Die verdagte word aangehou by die Woodstock-polisiestasie. By nadere ondersoek is beslag gelê op die kreefsterte wat as bewysstukke ingedien is.

Burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het gesê: “Na verdere ondersoek is bevind dat die verdagte bande met ‘n bende het, so dit was waarskynlik meer as net ‘n newe-besigheid, maar eerder ‘n manier om ander onwettige aktiwiteite te finansieer.

“Die plundering van mariene-hulpbronne is ‘n voortdurende uitdaging, soos ons net ‘n week gelede gesien het toe ‘n bywet-oortreding beamptes tot nog ‘n massiewe kreefstertvangs gelei het.

“Aan die lid van die publiek wat besluit het om die fluitjie te blaas in hierdie jongste voorval – dankie. Individue en gemeenskappe wat bereid is om na vore te kom en hul stemme te laat hoor, is van kritieke belang vir ons misdaadbestrydingspogings.”

Op 13 Junie het wetstoepassingsbeamptes wat besig was met patrolliewerk in Nyanga-Oos ‘n 35-jarige man wat in besit was van ‘n Uzi-submasjiengeweer en 9mm-pistool in hegtenis geneem.

Op hul beurt het metro-polisiebeamptes 109 inhegtenisnemings uitgevoer waaronder 31 vir dronkbestuur.

Die beamptes het ook beslag gelê op drie vuurwapens, ‘n nagemaakte vuurwapen, verskeie hoeveelhede dwelms en nege gekaapte en/of gesteelde voertuie.

Op die paaie het Die Stad se verkeersbeamptes 41 verdagtes in hegtenis geneem waaronder 31 vir dronkbestuur, sewe vir roekelose- en nalatige bestuur en nog drie op verskeie ander klagtes.

Beamptes het altesaam 43 171 oortredings aangeteken, 136 openbare vervoer voertuie geskut en 1 145 lasbriewe vir inhegtenisname uitgevoer.

Die openbare noodkommunikasie-sentrum het 1 207 voorvalle aangeteken. Altesaam 481 hiervan was van ‘n mediese aard, 279 was bywet-oortredings en 123 het verband gehou met verkeersverwante klagtes.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article