Wesvalia het in die laaste drie jaar van krag tot krag op die rugby front gegaan.
Wesvalia mik om vanjaar te Noordvaal Plaat afdeling te wen.

Wesvalia het in die afgelope drie jaar van krag tot krag gegaan op die rugbyfront. In 2023 het dié span nog in die Noordvaal-bowl-afdeling gespeel. In 2026 mik hulle om die plaat-afdeling te wen om sodoende in 2027 in die beker-afdeling mee te ding.

Hulle het in 2024 die skild-afdeling gewen, en die meeste ondersteuners het geglo dat hulle lewe in die plaat-afdeling moeilik sal vind. Die Bruinbere het derde in die Plaat geëindig, met ‘n paar resultate wat na hulle kant toe kon gaan sou hulle waarskynlik opgeskuif het.

Willem van der Sandt, direkteur van rugby by Wesvalia, het klaar begin planne in plek sit om nog beter in die Plaat te vaar.

“Ons gaan speel vir die eerste keer Noord-Suid vanjaar, en ons het vir die junior spanne taai toere gereel, waar hulle teen van die sterkste skole gaan meeding,” verduidelik hy.

Boishai, Grey-kollege en Glenwood se toernooie is waar Wesvalia se jong Bere hulleself vir die 2026 veldtog gaan slyp.

“Ons was verlede jaar derde in die Plaat – vir ‘n suksevolle jaar sal ons ten minste tweede moet eindig, alhoewel ons voel ons kan as skool die afdeling wen. Dit gaan taai wees, maar ons kry elke jaar nog baie goeie spelers in so ons behoort die skietgoed te hê,” vertel hy.

Daar gaan ‘n paar ander spanne wees wat voel hulle gaan vanjaar die plaat-titel omhoog hou. Zwartkop, HTS Middelburg, Nelspruit en Transvalia is almal aanspraakmakers op die titel. Zwartkop het ‘n besonderse goeie 2025 gehad. Hulle het meeste van hulle 1ste XV spelers van 2025 behou. Nelspruit en Transvali,a wat verlede jaar nog in die beker-afdeling gespeel het, sal sake wil regstel in 2026.

Vir die Klerksdorpers om die momentum van hulle opmars te behou, gaan hulle dié spanne moet klop. Die tradisionele “derby”-wedstryd met Klerksdorp Hoërskool sal vanjaar weer voortgaan nadat dié twee spane verlede jaar in dieselfde liga begin speel het.

Wesvalia het verlede jaar albei wedstryde teen hulle buurskool gewen.

“Die wedstryd tussen ons en KHS is altyd ‘n groot een, daar is baie geskiedenis. die dorp word eintlik in die helfte gedeel, almal in die dorp kom kyk. Ons het gewen verlede jaar, maar ek dink hulle gaan baie planne maak en hard vir ons kom vanjaar. Alhoewel dit ‘n groot wedstryd is, het ons groter ambisies as om net die een wedstryd te wen,” het Van der Sandt gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article