Een van talle onlangse botsings wat gedurende Desember en Januarie op Weskuspaaie plaasgevind het. Genadiglik is niemand in dié voorval op die R27 naby Langebaan ernstig beseer nie.


Die verkeersdepartement gaan alles in sy vermoë doen om ’n padslagting oor die Paastyd te voorkom.

Heelwat lewens is verloor weens botsings op Weskuspaaie gedurende die feestyd van Desember 2021 en Januarie 2022, en die provinsiale verkeersdepartement sê hy is reeds besig met voorbereiding vir die komende Paastyd.

Des Paton, streekdirekteur van die provinsiale departement van verkeer aan die Weskus, waarsku voornemende spoedvrate sowel as dronk-, roekelose en aggressiewe bestuurders dat verkeersbeamptes “zero toleransie” vir hierdie soort gedrag aan die dag gaan lê.

Volgens Paton is talle spesiale eenhede op die been gebring en lede sal hulle op hierdie soort oortredings toespits.

“Bestuurders wat almal se lewe op ons paaie in gevaar stel en dink die Weskuspaaie is hul speelterrein gaan sleg tweede kom,” het Paton gewaarsku.

Die zero-toleransie-benadering gaan in samewerking met die polisie en munisipale wetstoepassing geskied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article