Salkor-atletiekklub se Sakkie Mentoor, Phillip Jacobs, Anthony Arnolds en Catherine Murray is nou gekwalifiseerde baanbeamptes.


Vier lede van die Salkor-atletiekklub het onlangs ’n beginnerskursus aangepak om hulle te bemagtig om uiteindelik as baanbeamptes te kwalifiseer.

Die idee is om bekwame beamptes te hê wat kan help om ’n suksesvolle baan- en veld-byeenkoms aan te bied en skole aan die Weskus te help.

Verder gaan hulle ook daar wees om sportorganisasies by te staan.

Volgens die klubbestuur is dit ook ’n aanwins vir die klub se atlete om dié beamptes in hul geledere te hê.

Die vlak 1- en 2-kursus sal vroeg in Februarie weer aangebied word.. Die klub nooi skole om die klub te nader vir beamptes. Phillip Jacobs staan aan die hoof van beamptes.

Bel Sakkie Mentoor by 071 427 6731 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article