Weslander is opgewonde om aan te kondig dat hy onlangs na ‘n splinternuwe webwerf oorgeskakel het.
Hierdie migrasie vorm deel van onlangse ontwikkelings waar ons en al ons susterkoerante in die plaaslike media ‘n nuwe entiteit gestig het, onder die Novus Media Community News- handelsnaam.
Die nuwe webwerf bied lesers ‘n unieke ervaring met hiper plaaslike stories, gemik op die gemeenskap wat ons bedien.
Die nuwe tuisblad bied verskeie interaktiewe opsies waar lesers self stories kan deel, pluimpies kan gee aan individue of sakeondernemings wat erkenning verdien of vermiste diere kan aanmeld. Adverteerders kan nou ook maklik aanlyn navrae doen oor ons verskeidenheid advertensiepakkette.
Ons het opwindende planne en idees in die vooruitsig en sal dit oor tyd kommunikeer.
Vir nou wil ons hê jy moet vertroud raak met ons nuwe tuisblad en dit deel van jou daaglikse roetine maak.
Ons hoop jy is ook net so opgewonde oor hierdie nuwe era.
Besoek gerus ons webwerf vandag: https://novanews.co.za/weslander/



