Weslander se redaksiespan het Vrydagaand (4 Augustus) die gesogte AVBOB FCJ toekennings in Kaapstad bygewoon waar hulle in vier afdelings benoem is. Die toekennings vir uitmuntendheid, aangebied deur die Forum van Gemeenskapsjoernaliste (FCJ), is ’n nasionale toekenningsgeleentheid om gemeenskapsjoernalistiek te vereer. Die wenners is Vrydagaand by die Southern Sun Cape Sun-hotel in Kaapstad aangewys. Vanjaar se kompetisie het byna dubbeld die aantal inskrywings as verlede jaar gelok met beoordelaars wat deur 531 inskrywings moes sif om die finaliste te kies. Weslander was onder die 10 finaliste in die afdeling vir beste betaalde koerante in korporatiewe besit met ’n sirkulasie meer as 5 000. Sy susterskoerant, Paarl Post het eindelik as wenners in hierdie afdeling met die Cronwright-trofee weggestap. Joernalis Noluvu “Lulu” Ludidi was ’n finalis in die afdeling vir mense-stories (human interest), redakteur Maryke Swart is benoem in die afdeling vir redaksionele kommentaar en Yaël Malgas was ’n top-10-finalis in die algemene fotografie-afdeling. Van links is Ludidi, Swart en Malgas by die geleentheid.


Weslander presteer in Gemeenskapsjoernaliste-kompetisie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article