Drawwer Allistair Manuel (44:08 in 10 km), stapper Douglas Hector, Creslin Manuel (5 km in ’n tyd van 23:42) en drawwer Daphne Daniels (49:49 in 10 km) na die Weskus-maraton.


Die Weskus-marathon lok jaarliks honderde atlete na Langebaan, maar talle plaaslike atlete pak ook dié gewilde wedloop elke jaar aan.

Die meester-stapatleet Douglas Hector en vier junior Malmesbury-atlete het Saterdag die wedlope aangepak. Hector rig tans dié vier toegewyde atlete in spoedstap sowel as 10 km-padwedlope af. Dié Vredenburger het die 10 km-roete gestap terwyl Reslin Manuel, Allistair Manuel en Daphne Daniels dieselfde wedloop kafgedraf het.

Creslin Manuel het op haar beurt die 5 km-wedloop gehardloop en haar wedloop in 23:42 voltooi – ’n goeie tyd, volgens Douglas.

Enigeen wat belangstel in spoedstap as juniors of seniors, kan Hector by 072 383 0519 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article