Weskus-atlete het die afgelope naweek die Wes-Boland by die Boland- laerskole-atletiekkampioenskap verteenwoordig.
Langebaan Primêr se atlete was onder dié wat by die Daljosafat-stadion in Paarl bymekaar gekom het.
Die skool se atlete, wat almal behalwe Michelle Jacobs lede van die Langebaan-atletiekklub is, het die volgende prestasies behaal:
Ashali Pholman (o.13) was derde in die 1 500 m; Samantha Dollie (o.13) was vierde in die 800 m-wedloop; Evan Berling (o.10) het die tweede plek in die 1 200 m-wedloop los gehardloop; Angell Pholman (o.10) het goud in die 1 200 m-wedloop behaal; Michelle Jacobs (o.11) was negende in die 1 200 m-wedloop terwyl Shadia Papier (o.13) die vyfde plek in die halfeindronde van die 100 m-wedloop behaal het.
Die klub wil spesiale vermelding maak van Angell, Ashali en Evan se prestasie, omdat hulle die Boland-span gehaal het.
Dié drie sal nou die Boland by die Wes-Kaap laerskole-atletiek-kampioenskap in Paarl verteenwoordig.





