Weskus-netbal se spelers het die afgelope naweek by Wes-Kaap se vroue- en meisies-ontwikkelingstoernooi geskitter.

Die toernooi het op 25 en 26 Augustus in Durbanville plaasgevind en die Weskus was goed verteenwoordig.

Die A-span het silwer gewen. Hulle was Brittanee Appolis (Abbotsdale), Carli Voster (Darling), Christolene Barnard (Citrusdal), Jaydene Adams (Malmesbury), Jemika-Lee Hector (Darling), Lucille Boks (Abbotsdale), Lynzay Talmakkies (Velddrif), Melissa Esterhuyzen (Citrusdal), Sjaan Coetzee (Citrusdal) met Mischa Maarman (Elandsbaai), asook die hoofafrigter, Elserine Schutte (Citrusdal), die assistent-afrigter, Ursula Deysel (Citrusdal) en die spanbestuurder, Chantal Vallentyn (Piketberg).

Die Weskus se B-span het brons verower. Hulle was Anika Warnick (Darling), Anke Daniels (Darling), Cecilia Lambrecht (Malmesbury), Gayline Koop­man (Abbotsdale), Janine Abrahams (Velddrif), Je-Amy Skippers (Velddrif), Lara Visser (Citrusdal), Tasrine Lewis (Stepping Stones), Shahima Koopman (Velddrif) en Nicole Alexander (Abbotsdale).

Die afrigter is Aliche Schnetler (Citrusdal) en die spanbestuurder is Lana Rossouw (Darling).

Drie van die Weskus-spelers het ook onder die top-10-spelers van die toernooi geëindig. Melissa Esterhuyzen (Citrusdal), Lynzay Talmakkies (Velddrif) en Shahima Koopman (Velddrif) het uitgeblink. Koopman het die beste verdediger-titel in die B-afdeling gewen. Melissa Esterhuyzen was die beste senterbaanspeler in afdeling A en is aangewys as die algehele beste speler van die toernooi.

Mane Visser en Danel Visser het op hul beurt hul provinsiale B-skeidsregtersgradering ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article