Elton Lesch is Die Koelkamers se kunstenaar van die maand. Sy kunsuitstalling genaamd Bakkies is nou by Die Koelkamers te sien, met die opening wat Donderdag 4 Mei plaasgevind het. Die Weskus is ’n tema wat gereeld in Lesch se skilderwerk voorkom en veral fokus op die karakter van die unieke streek en sy mense. In hierdie uitstalling lê hy klem op die “bakkie”, soos ’n opregte Weskusser sy bootjie noem. “Eintlik bring ek hulde aan hierdie lewensaar van menige Weskus-geslagte deur die bakkie in al sy glorie te verewig,” sê Lesch. Volgens hom is die opening goed bygewoon en gaste het die geleentheid gehad om na van sy gedigte wat hy voorgelees het, te luister. Sy werk word tot Junie by Die Koelkamers uitgestal.


Weskus-‘bakkies’ in die kollig

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article