Drie moorde in die Baai se omslag.

Een gelukkig Weslander-leser kan ‘n kopie van Madelein Rust se nuwe boek, Drie moorde in die Baai, wen.

Die boek handel oor Bianca Fabricious, ‘n hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis in St. Helenabaai. Sy het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ‘n misdaadtoneel.

Om alles te kroon is die slagoffer ‘n blondine met wie Bianca onlangs haaks was oor dié se kaalbas-sonbaaiery voor al die hotelgaste. Dis wanneer die gawe speuradjudant Meintjies op die toneel verskyn . . . 

Volgens Human & Rousseau bewys Drie moorde in die Baai weer hoe Madelein Rust, wat deesdae in St Helenabaai woon, naatloos tussen genres kan beweeg.

“Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.”

Om dié boek te wen, klik vóór Dinsdag 12 Augustus om 12:00 hier en skryf ‘n kort stukkie oor ‘n vrou wat baie vir jou beteken.

Die skrywer staan ‘n kans om die boek te wen, en die vrou waaroor dit gaan staan ‘n kans om aan die einde van Vrouemaand vir ‘n prys in aanmerking te kom.

As jy self die boek wil aanskaf, kry besonderhede by die webwerf, nb.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article