E-pos: weslander@novusmedia.co.za.
Dagboek-inskrywings is gratis. Inskrywings moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word.
Vrydag 13 Februarie
Die NG kerk Hopefield bied ‘n Rut en Boas-dinee aan. Deure open om 18:30 vir 19:00. Dit kos R200 per persoon en sluit ‘n ete in, bring jou eie drankies. Skakel Wilna by 083 443 4742 vir kaartjies.
Saterdag 14 Februarie
Die NG kerk St. Helenabaai bied ‘n pretstap in Paternoster om 08:00 aan. Die koste is R120 per persoon. Skakel Karien by 071 336 9793 vir nog inligting.
Sondag 15 Februarie
Klassiek ontmoet pop saam met Louis Loock en Cobus Snyman by Die Koelkamers. Met bekende en beminde klassieke sowel as kommer- siële liedere neem hierdie twee musikante die gehoor na ‘n sensasie van klank en musiek. Met sy pragtige tenoorstem pas Loock perfek by Snyman, wat self in stemme sing. Die vertoning begin om 12:00 en kaartjies kos tussen R161 en R299. Besoek www.diekoelkamers.com om te bespreek.
Woensdag 25 Februarie
Die Vredenburg-tuinbouklub vergader by die Ou Stalle van die Moedergemeente, Vredenburg, om 10:00. Tema: Effektiewe besproeiing. Skakel Erna by 083 285 2729 vir nog imligting.
Vrydag 6 Maart
Huis Wittekruin hou basaar en almal is genooi om by te woon. Die basaar vind by die tehuis in Uranusstraat, Vredenburg vanaf 15:00 tot 18:00 plaas. Moenie al die winskopies misloop nie.
Saterdag 21 Maart
Die NG Kerk Saldanha hou basaar by die Ou Plaasopstal in Jacobsbaai. Dit begin om 10:00 en daar sal pannekoek, basaarpoedings, roosterkoek, sosaties, hamburgers, koffie en soveel meer wees.
Donderdag 26 Maart
Juan Boucher (foto) is weer op die verhoog by Kapstadt Brauhaus by Club Mykonos in Langebaan. Of jy Juan al jare lank volg of onlangs sy musiek ontdek het, hierdie vertoning bied iets spesiaal vir almal. Die vertoning begin om 20:00. Kaartjiepryse begin by R185. Besoek quicket.co.za om te bespreek.






