CLANWILLIAM – Die Clanwilliam-veldblomskou is vanjaar afgestel nadat die warm weersomstandighede van die afgelope week veroorsaak het dat die meeste veldblomme reeds uitgeblom is.
Die bestuur van die skou het dié besluit geneem nadat dit duidelik geword het dat daar nie genoeg blomme beskikbaar sal wees om die jaarlikse blomskou op te bou nie. “Die besluit is ernstig oorweeg en dit is nie vir ons maklik om dit af te stel nie,” het die organiseerders gesê.
Hulle het erken dat baie blomkykers reeds planne gemaak het om Clanwilliam te besoek en dat die besluit ‘n groot teleurstelling vir besoekers en inwoners is.

Die kansellasie raak nie net die skou nie, maar ook die dorp se ekonomie, aangesien die geleentheid jaarliks besoekers lok en ‘n belangrike rol in plaaslike handel en toerisme speel.
Volgens die organiseerders is die Veldblomskou ook ‘n belangrike deel van Clanwilliam se identiteit en ‘n geleentheid wat inwoners bymekaar bring.
“Ons sal julle baie mis,” het hulle aan ondersteuners en blomliefhebbers gesê.






You must be logged in to post a comment.