Waarom jou plaaslike Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) se vergadering bywoon? Jou stem en betrokkenheid help om jou buurt veiliger te maak.
Deur saam met die polisie te werk, kan misdaad voorkom word, probleme vinnig opgelos word en praktiese oplossings wat vir almal werk, gevind word.
• Langebaan-GPF: Vergadering op Woensdag 11 Februarie om 18:00 by die Langebaan-Thusong-sentrum. Bel Mirinda by 074 238 2346 vir nog inligting.
• Vredenburg-GPF: Kom byeen op Dinsdag 24 Februarie by die sportterrein. Bel Carli by 061 580 4655 vir nog besonderhede.
• Hopefield-GPF: Die Hopefield-GPF hou op Maandag 2 Maart ‘n spesiale vergadering om 19:00 by die Hopefield-Thusong-sentrum. Die imbizo vind plaas op Maandag 9 Maart om 19:00.





