Selfversorging was die boodskap wat Petra Mei by haar vroueoggend-saamtrek oorgedra het. Die geselligheid is Saterdag 30 April by die Beacon-kerk in Langebaan gehou. Omtrent 20 vroue het die oggend bygewoon. Elke vrou het ’n selfsorg-kaartjie ontvang waarop sy haar naam en wat sy gaan doen om haarself te versorg, moes neerskryf. Die vroue moes ook die teikendatum vir hul einddoel aanteken. Mei het haar dank aan die borg vir die dag, Tiny Leaf, uitgespreek.


Vroue kry teiken

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article