Só lyk ’n gedeelte van die perlemoen wat in ’n vrou van Saldanha se besit gevind is.


Die lang arm van die gereg het ’n vrou van Saldanha nader getrek wat onwettige perlemoen in haar besit gehad het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedis­trik, is die vrou (33) van Diazville Vrydag 13 Januarie in hegtenis geneem. Sy het 108 heel eenhede perlemoen in haar besit gehad.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article