’n Bekende wynboer van die Riebeek-Wes-omgewing het gister (Woensdag 3 Mei) in die hof in Riebeek-Wes op aanklag van strafbare manslag verskyn, ná die dood van ’n vrou.
Pieter du Toit (39) word daarvan aangekla dat hy Ananda Hugo (38), ’n seisoenale werker, Vrydag 28 April omstreeks 17:00 doodgery én haar jongste kind beseer het.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisie, is Ananda sowat 130 m ver deur die voertuig gesleep.
Du Toit het na bewering nie ná die ongeluk stilgehou nie, maar na sy huis gevlug, waar hy in hegtenis geneem is. Ananda is op die toneel dood.
Sy het volgens inligting gestap en haar jongste dogtertjie, Nikita Hugo (4), op haar rug ge-abba. Die kind is met die slag deur die lug geslinger en het veelvuldige beserings opgedoen.
Ananda het drie ander kinders. V Vervolg op bl.2.



