Leerders van die Hoërskool Velddrif het Vrydag 26 April opleiding deur die vroue van die Vrouelandbouvereniging van Velddrif ontvang. Die leerders is gewys hoe om tafels te dek, servette te vou en tafels met goed uit die huis te versier. Hulle het 14 tafels gedek vir die skool se Moedersdag-kuieroggend, wat die afgelope Saterdag (4 Mei) plaasgevind het. Die skool bedank die VLV en is ook trots op die sukses van die Moedersdagoggend en die oulike gasvroue.


VLV wys leerders hoe

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article