Die Vrouelandbouvereniging se Vredenburg-tak het Donderdag 28 April vyf bome by die Laerskool Vredenburg geplant. Die Wes-Kaapse minister van landbou, Ivan Meyer, het vir al 14 VLV-takke in die Weskus bome geskenk om by skole te gaan plant. Die projek van die VLV is die jaar “Ons gee om vir kinders”. Daar was wildepruim-, elm- en olienhoutbome. Juffrou Sulmien Hugo se gr. 2-klas het fluks gehelp.


VLV-lede plant fluks bome

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article