Bestanddele
450 g hokkien noedels
olie vir kook
500 g wit vis van jou keuse, in groot blokkies gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2 cm stuk gemmer, fyn gerasper
2 stingels suurlemoengras, fyn gekap
1 rooi ui, in skywe gesny
1 bossie Chinese broccoli, grof gekap
1 groen soetrissie, in skywe gesny
¼ koppie hoisinsous
2 e oestersous
1 eetlepel sojasous
1 eetlepel rysasyn
1 bossie baba bok choy, blare geskei
120g boontjiespruite
Metode
Kook noedels soos instruksies op pakkie. Trek noedels liggies uitmekaar en dreineer wanneer gaar.
Verhit olie in ’n wok of diep kastrol oor hoë hitte. Kook vis oor hoë hitte vir drie minute of tot gaar. Haal uit die pan en hou eenkant.
In wok, kook knoffel, gemmer, suurlemoengras en ui saam en roerbraai vir twee minute of tot sag.
Voeg broccoli en soetrissie by en roerbraai vir nog twee minute tot sag, maar steeds bros.
Kombineer souse en asyn in aparte houer en voeg by wok met bok choy en vis.
Roerbraai tot bok choy verlep het. Voeg boontjiespruite en noedels by en roer tot warm.
Sit onmiddellik voor.





