Bestanddele
1 Food Lover’s Signature Braai-snoek, of soortgelyke snoek
1 groot blomkoolkop
1 groot patat (sowat 300g), gaar
30 ml botter
30 ml Food Lover’s Signature Extra Virgin Olive-olyfolie
1 groot ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 vars brandrissie, ontpit en gekap
200 g klein skemerkelkie-tamaties, in die helfte of in kwarte gesny
10 ml kerriepoeier, sag of medium
Food Lover’s Himalaja-seesout en swartpeper, na smaak
5 ml mosterdsaadjies
3-5 sprietuie, afhangend van grootte, skuins gesny
Metode
Sny vis in die helfte en ontdooi ander helfte oornag; dit sal jou sowat 400 g voorbereide vis gee. Droog vis met papierhanddoeke.
Sny in kleiner stukkies en braai in die helfte van die olie en botter tot gaar en ligbruin. Haal uit die pan en sit eenkant om af te koel.
Was blomkool, sny in blommetjies en gooi die taai stingels weg. Blits blommetjies in ’n verwerker totdat die blomkool fyn gekap en rysgrootte is.
Sny patats en sny in klein blokkies, met skil. Voeg ekstra olie en botter by pan; gooi gekapte ui, knoffel by en braai oor matige hitte. Sprinkel kerriepoeier oor en laat mengsel braai totdat die kerriegeur vrygestel word. Gooi brandrissie in, indien verkies.
Voeg die blomkoolrys by en braai vir ’n paar minute; indien nodig, voeg ’n bietjie meer botter by om die gereg klam te hou.
Voeg laastens die snoek, patat en tamaties by; kombineer en verhit liggies deur. Strooi sprietuie oor en sit dadelik voor in die pan.. Bron: foodloversmarket.co.za/recipes





