Die onderwysers Marike Hibbert, Yvonne Boltney, Elizabeth Dirks en Helecyne Plaatjies.


Vier van Diazville Primêr se onderwysers tree die einde van die jaar uit die onderwys.

Die onderwysers Marike Hibbert, Yvonne Boltney, Elizabeth Dirks en Helecyne Plaatjies kom al ’n lang pad saam en sal volgens die skool sowaar gemis word.

Hibbert is sedert 2008 by Diazville Primêr, Boltney sedert 1990, Dirks sedert 1988 en Plaatjies sedert 1990.

Hibbert vertel dat sy die omgee van haar kollegas gaan onthou en die verskil wat sy in die leerders se lewe kon maak.

Boltney dink terug aan een van haar groot prestasies toe sy twee keer pryse by die Nasionale Onderwysers-toekennings gewen het. “Dit was vir my ’n groot prestasie.”

Volgens Dirks lê die skool haar baie na aan die hart. “Ek gaan soggens se opstaan om te gaan werk die meeste mis. Ek gaan die skool verlaat, maar die skool sal maar sukkel om my te verlaat.”

Vir Plaatjies gaan sy die warm gevoel onder haar kollegas altyd onthou. “Diazville Primêr het jaar ná jaar gegroei – die skool met die groot verskil.”

Volgens Lee-Ann Davids Hartzenberg, hoof van Diazville Primêr, het die vier onderwysers met hul jare lange ondervinding en kundigheid bygedra tot die suksesse wat die skool behaal het. “Individueel het elkeen met haar vaardighede en gehalte tot gehalte-onderrig van leerders by die skool bygedra. Ons wens vir hulle alle voorspoed toe met hul toekomsplanne.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article